Copy


SKAKELS   WAT   SAAK   MAAK

Datum: 24 Junie 2016

Uitgawe 17

 
Inhoudsopgawe


 
 
Moderator vra geduld oor appèlprosesse teen Alg Sinode se besluit
 


- Ds Nelis Janse van Rensburg
 
Die e-Kerkbode berig: "Geduld". Dis waarvoor ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinodale Moderamen (ASM), gevra het terwyl die appèlle teen die Algemene Sinode se besluite oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag hanteer word.
Hy het ook 'n klompie inligting gegee oor die verloop van die proses nadat die moderatuur van die Algemene Sinode onlangs vergader het." Belangstellendes kan hier verder lees. 

Lees ook  hier  die brief van dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk in dié verband kommunikeer.

 

 
Gestig in 1849 - en steeds die Kerkkoerant vir Vandag se Kerkmense
 
Neels Jackson, redakteur van die Kerkbode, gesels oor die rol wat dié koerant in die kerk speel, die uitdagings waarmee hulle te kampe het, en hoe hy die pad vorentoe sien. Meer oor die voordele van die splinternuwe e-Kerkbode se vars en aktuele nuus word ook verduidelik. Klik op die foto onderaan om die video te kyk.
 
 
Dat 'n mens jou hoed vir Neels moet afhaal, is gewis. Net soos 'n mens van 'n joernalis verwag, sit hy op die interessantste plekke en tye sy berigte en finaliseer. Want die nuus moet uit, die storie moet vertel word. So was dit ook die afgelope naweek by die Orlando-stadion die geval ... plat op die grond.

 

 

Teken gerus in om e-Kerkbode se nuus voortaan direk te ontvang: Kliek hier
 
 

Internasionale Vigskonferensie
na 15 jaar weer in Durban
 

 
Die Internasionale Vigskonferensie vind van 18 tot 22 Julie in Durban plaas. ‘n Verwagte 1800 wetenskaplikes, gesondheidswerkers en gemeenskap aktiviste word verwag by die belangrike kongres wat twee-jaarliks gehou word. Die vorige Durban konferensie in 2001 word deur baie gesien as ‘n waterskeiding moment, toe die stemme van mense soos Pres Mandela en Nkosi Johnson dramatiese veranderinge in die behandeling van mense met MIV in die publieke sektor teweeg gebring het.
 
Soos toe, is die epidemie weer op ‘n mespunt. Mense voel dikwels dat die probleem opgelos is en mens lees selfs dikwels van “The end of AIDS” maar die realiteit is ver daarvandaan. In Suid Afrika was daar in 2014 steeds byna ‘n duisend infeksies ‘n week en, ten spyte van reuse vordering, het mense steeds nie orals toegang tot medikasie nie en leef 36.7 miljoen mense tans met die virus. Kenners is dit eens dat die droom van ‘n wêreld waar MIV nie meer ‘n publieke gesindheid krisis is nie slegs ‘n werklikheid kan word met ‘n intensiewe en gefokusde program oor die volgende vyf jaar.
 
Geloofsgemeenskappe het steeds ‘n belangrike rol om te speel, en die aspek sal spesifieke aandag kry by die “Faith on the Fast Track PreConference” wat op die 16e en 17 Julie in Durban plaasvind. CABSA werk saam met die ‘Ecumenical Advocacy Alliance’ van die Wêreldraad van Kerke om ‘n besondere en uitdagende konferensie te reël.
 
As julle gemeente op enige manier by hierdie belangrike saak betrokke is, wil ons julle graag uitnooi om deel hiervan te wees.
 
Inligting oor die konferensie en ander geloofsgebaseerde aktiwiteite is beskikbaar by http://www.iacfaith.org
 
Inhoud
 
 
Doktorsgraad in Jeug/Familie-  en 
Kultuurbediening

 

- Dr Alwyn Landman

Alwyn Landman  van die NG Gemeente Westville het so pas sy doktorsgraad in Jeug/Familie en Kultuur bediening Cum Laude geslaag in die Fuller Seminarium in Pasadena, Los Angeles, VSA. Die teologiese skool is een van die beste in die VSA en ek is die eerste doktorale student van Suid-Afrika wat die graad behaal het. Sy eindtelling was 3.88 op die GPA skaal - die hoogste wat kan behaal word is 'n 4.  Baie geluk aan Alwyn voorwaar 'n prestasie. Die kerk kan net baat by hierdie verworwe kennis.  


'n Prinsessie vir
NG Danskraal se pastorie 

 

 
Hierdie pragtige dogtertjie is reeds op die 29 Maart gebore. Sy het 'n skrale 2.6 kg geweeg maar het intussen al pragtig grootgeword.  Baie geluk aan ds Magdalena en Schalk Marais van die NG Gemeente Danskraal in Ladysmith.  Mag sy vir julle net soveel vreugde bring soos haar boetie. 
 
Magdalena sê sy kry haar oumas se name,  se name Louisa Magdalena. " Ek is maar lief vir familiename – dan weet jy darem waar jou wortels is."
 

Inhoud
 


Daar sal geen ePosduif vlieg tydens die skoolvakansie nie. Hoop elke leser sal  ook bietjie later kan lê soggens aangesien die verkeer nie so druk sal wees soos tydens die kwartaal nie. 'n Griep-vrye wintervakansie word almal toegewens. - Red

 
 
Nog nuus van die NG Algemene Sinode
 
 
- Dr Gustav Claassen
 
In sy jongste nuusbrief deel Gustav Claassen (die NG Algemene Sinode se algemene sekretaris) vanuit die kantoor van die Algemene Sinode momente wat op kerklike terrein aan die gebeur is. 
Dit sluit in: Teologiese Opleiding, Huweliksbevestigers, Jeugsake, Reformasie 500, Versoeningsgeleentheid van 11 Junie 2016 en Droogtehulp. Die nuusbrief is beskikbaar vir belangstellendes.

Kontak die kantoor van die Algemene Sinode by
sophiadk@ngkerk.org.za
 
Inhoud
 

Bybelmedia nuus
 
In die jongste Bybel-Media-nuusbrief gee Hans Steyn inligting oor Kerkbode van 16 Junie, die Julie-uitgawe van LiG en die SingsaamPro-rekenaarprogram. 
 
Lees in jongste Kerkbode van 16 Junie     
  

 
In Kerkbode van 16 Junie word die verhaal vertel van hoe bendelede in tronke met liefde en geduld deur gelowiges die kans gegee word om nuut te begin.

Lees ook hoe die Groote Kerk in Kaapstad help om ‘n dogtertjie wie se ma vermoor is, ‘n kans in die lewe te gee.
Daar is nuus uit die Winterskool wat by die Univerisiteit van Stellenbosch aangebied is, asook oor die groot aantal dominees wat die NG Kerk gaan nodig hê.

In die gay-debat word daar in hierdie uitgawe gekyk na die rol wat die belewenisse van gay mense in die debat speel, en in die reeks oor kuns en die kerk, kom twee skilderye van Vincent van Gogh aan die beurt.
 
Lees in die Julie-uitgawe van LiG:
 

 
Hanna Grobler wys God se hart vir swaarkrymense en vertel ons hiervan in die jongste LiG. Sorina Erasmus glimlag trots oor haar babadogtertjie in ‘n eksklusiewe reeks foto’s vir LiG.
Predikant Barend Vos gee woorde vir ons gebede met sy boek uit Psalms.

Kry jou dissiplinegids vir moderne ouers, leer hoe ‘n omgee-gesin leef en kry wenke vir ʼn gesonde tweede huwelik.

Kom ontdek saam hoekom ons God as Vader, Seun en Heilige Gees aanbid. En stap saam op ‘n man se ontdekkingstog van God se genade ná sy kankerdiagnose.

LiG – vir jou en jou mense.

SingSaamPro – Rekenaarprogram

Orrelbegeleiding vir elke lied in die Liedboek met ʼn kerkorrel/huisorrel-klank wat deur ʼn rekenaar gegenereer is; vir elke lied in die Liedboek met snitte van die Bybel-Media-CD (met begeleiding wat met ʼn egte meganiese pyporrel opgeneem is) met ʼn kerkorrel van Joop van der Ham (slegs sommige liedere wat opgeneem is) vir die 150 psalms van Totius (wat die Geneefse melodieë insluit), asook vir die 91 Skrifberymings van die GKSA.

 Vertoon die teks
Al die liedere van die Liedboek, 150 psalms en 91 Skrifberymings kan vanaf die rekenaar op ʼn skerm vertoon word en dit loop outomaties saam met die musieksnitte.
Jy kan jou eie PowerPoint-skyfies intrek.
 
Ander musieksnitte
50 musiekopnames geskik vir voor-, na- en kollektespel.
Jy kan jou eie MP3-musiek intrek.
Jy kan jou eie begeleiding intrek.
 
Hoe werk SingSaamPro?

 

 
SingSaam word versprei op ʼn 8 GB-stokkie wat vir 5 jaar gewaarborg is. Al wat jy nodig het, is ʼn rekenaar wat aan ʼn dataprojektor en ʼn klankstelsel gekoppel is. Dit kan ook by kampe, bosberade en bidure gebruik word. Vir eredienste kan die liturgie vooraf opgestel en gestoor word.
 
Daar is ʼn “Kitssing”-opsie waar liedere spontaan gekies en begelei kan word. Die musiek en teks is onmiddellik gekoppel en gereed.

Daar is kort opleidingsvideo’s wat jou wys hoe om die program te gebruik. Jy kan aansluit by die SaamSing-gemeenskap by Saamgesels op Facebook en YouTube. Die SingSaam-program werk op alle Windows-gebaseerde rekenaars (XP en meer).

 Wie is SingSaam?

SingSaamPro is ʼn rekenaarsagteware -maatskappy wat die programmatuur “SingSaam” ontwikkel het. Alle tegniese bystand word deur SingSaamPro verskaf, nie deur Bybel-Media nie. Bybel-Media het slegs hulle produkte beskikbaar gestel. Jy huur die program by SingSaamPro. Gemeentes moet steeds hulle Liedboek-lisensiegeld aan CCLI betaal om toegang tot SingSaam te hê.

Hoe bestel en SingSaam?

Vir enige navrae, kontak vir Faani (faani@flam.co.za) by Bybel-Media Kerkmusiek.

Slegs gemeentes met ‘n CCLI Liedboek-lisensie kan SingSaamPro aankoop op hul gemeenterekening.

Meld asseblief in die e-pos wat die adres is vir aflewering. Sodra ons bevestig het dat die gemeente se lisensiegeld op datum is, sal SingSaamPro die stokkie in die gemeente se naam registreer en aan die gemeente besorg.

 
Prys: R2030,00 (BTW ingesluit).
Inligting, Navrae en Diensverskaffing:
Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210
Of stuur jou bestelling per e-pos na: bestel@bmedia.co.za

Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.org.za , klik dan op winkel of kontak
ds Hans Steyn:
hans@bmedia.co.za
Tel: 021 864 8223

Inhoud
 
 
Aanval op Sendeling en sy vrou.
 
Ds Louwrens vd Westhuizen en sy vrou Jean is onlangs helder oor dag in hulle huis aangeval en beroof. Ds Louwrens is predikant in die VGK Gemeente Makhatini naby Jozini. Ten spyte van die feit dat albei van hulle sleg aangerand is gaan dit goed met hulle. Behalwe rekenaars, TV en ander huishoudelike goed wat gebuit is is hulle ook van albei motors beroof.

Ds vd Westhuizen vertel dat hulle eersdaags met 'n geleende motor bietjie na Namibië vertrek. Daar gaan hulle probeer ontspan  op 'n familieplaas en deur die trauma probeer werk om hulle koppe weer skoon te kry......want sê hy " dit vat maar aan 'n mens en moet mens hard met jouself werk om positief te bly".


Alle sterkte word julle toegewens. Louwrens en Jean  mag julle versterk terugkom. - Red.
 
Inhoud
 
 
Copyright © 2016 NG Kerk in KZN, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list

Email Marketing Powered by MailChimp